Dairy Standard Agency

Tania Blignaut van die Suiwelstandaardagentskap (SSA) brei uit oor die verandering in fokus en praktyke in die suiwelbedryf wat oor die laaste twee dekades plaasgevind het. Die groot dryfveer van hierdie veranderinge is eerstens die verbruiker se verwagting dat suiwelprodukte op ‘n volhoubare en etiese manier geproduseer word, en tweedens baie hoë internasionale standaarde.